Knoeiery met vloedverligting in KZN, Oos-Kaap

Die DA sê volgens die eerste spesiale ouditverslag oor vloedverligting ná verlede jaar se oorstromings in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, was daar groot knoeiery met die verkrygingsprosesse. Die ouditeur-generaal se kantoor het bevind tenders is aan drie verskillende kontrakteurs maar met dieselfde direkteur toegeken. Dit dui moontlik op bod-vasstelling. ‘n DA-woordvoerder, Eleanore Bouw-Spies, sê terwyl die ANC-regerings in die twee provinsies verkrygingsprosesse manipuleer om kaders te bevoordeel, ly die slagoffers: