‘Knik-sindroom’ wek kommer in Uganda

Ugandese owerhede is bekommerd oor die toename in die onverklaarbare siekte bekend as knik-sindroom in die noordelike dele van die land. ‘n Gesondheidsbeampte, Kenneth Canna, sê die neurologiese toestand het ongelukkig tot veelvuldige sterftes in die Gulu-distrik gelei. Canna sê baie sterftes is veroorsaak deur aanvalle weens die siekte, wat veroorsaak het dat mense in vuurmaakplekke geval en in putte verdrink het. Die siekte word gekenmerk deur die kop wat herhaaldelik vorentoe knik en gaan dikwels gepaard met stuiptrekkings.