Klomp vragvaartuie kom in Mei by Namport aan

Namport blyk om al hoe beter te vertoon met 12 vragvaartuie wat gedurende Mei by die hawe sal aandoen. Twee navorsingsvaartuie sal ook gedurende die maand die hawe besoek. Die owerheid het homself uiters goed bemark en het ook bekendstellings gedoen vir passasiersvaartuie wat tot groot suksesse dusver gelei het. Die hawe is ook goed geposisioneer in buurlande in die sentrale streek van die vasteland te diens met die Walvisbaai Korridorgroep wat uiters goed vaar. Namport word ook geloof vir vinnige prosessering, goedkoper kostes en geen korrupsie nie.