Klipgooiery by Otji word ondersoek

Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Otjozondjupa-polisie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle ook navrae ontvang in verband met die stemgreep wat wyd gesirkuleer word. In die greep sê ‘n manstem dat hy met klippe bestook is toe hy net Suid van Otjiwarongo by die sogenaamde Koedoe-koppie verbygery het. Hy het erge skade op sy voertuig opgedoen toe hy die pad verlaat het. Mbeha sê die saak word op die oomblik ondersoek en daar is geen verdere inligting wat tans beskikbaar is om met die publiek te deel nie. Dit is ten spyte van die feit dat Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers sê dat daar ander slagoffers ook na vore getree het.