E-tol nog nie opgehef nie, motoriste sal rekeninge ontvang – Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê Gautengse motoriste gaan in die nabye toekoms nog e-tolrekeninge ontvang omdat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap geen aanduiding gee wanneer die stelsel opgehef gaan word nie. Sanral het verlede jaar ‘n ooreenkoms onderteken dat die invordering van e-tolgeld verleng word ten spyte van die regering se aankondiging dat die e-tolstelsel geskrap word. Outa se hoof, Wayne Duvenage, sê die huidige verlenging geld tot die middel van die maand wat kommer laat ontstaan dat nog ‘n verlenging reeds onderteken is: