Klimaatsverandering verbind aan grootte van menslike liggaam

Klimaatsverandering is verantwoordelik vir die betekenisvolle wisseling in die mens se gemiddelde liggaamsgrootte die afgelope miljoen jaar. Dit is volgens navorsing wat in die joernaal Nature Communications gepubliseer is. ‘n Span navorsers van die Verenigde Koninkryk en Duitsland het die mates van meer as 300 fossiele uit die Homo-genus ondersoek en vergelyk met die geskiedenis van die aarde se streeksklimate. Hulle het bevind dat kleiner liggame met warmer klimate verbind kan word terwyl kouer en strawwer klimate met groter liggame verband hou.