Klimaatsverandering ‘n bron van kommer vir boere

Die LUR vir landbou in Mpumalanga, Vusi Shongwe, sê klimaatsverandering is vir elke boer en burger ‘n ernstige bron van kommer en daarom is dit uiters belangrik om weerpatrone en rampbestuurs-waarskuwings dop te hou. Bedreigings soos droogtes, oorstromings, veldbrande en ryp is niks vreemd nie, en kom herhaaldelik voor in Suid-Afrika. Die departement het sy LandCare-bewusmakingsveldtog oor die bewaring van grond by die Louieville Thusong-sentrum in Ehlanzeni gehou. Saaiboere in Louieville het onder andere geleer dat gronderosie die potensiaal van landbouproduksie kan beïnvloed.