Klimaatsverandering kan tot voedselkrisis lei

Kenners waarsku klimaatsverandering kan tot ‘n voedselkrisis lei. Die klimaat-spesialis, Seelan Gobalsamy, meen die wisselvallige weerstoestande wat tans in Afrika ervaar word, hou ‘n bedreiging in vir voedselsekerheid. Gobalsamy, wat een van die vasteland se grootste produsente van landbou-chemikalieë bestuur, sê Suid-Afrika moet die probleem vooruitloop, aangesien watertekorte ook ‘n voortdurende probleem word.

https://iframe.iono.fm/e/1263497