Klimaatrampe het ook ekonomiese impak

Terwyl die Noordelike Halfrond gons van hitte en brande en die VN dit die era van kook gedoop het, word daar min melding gemaak van die ekonomiese impak van die hittegolwe, brande en ander rampe wat die wêreld op die oomblik mee woed. ‘n Bekende Britse kommentator Alex Andreou sê dit behoort die belangrikste aspek te wees om die verwarming van die aarde om te keer.