Klimaataktiviste agter tralies in Australië

Elf klimaatsverandering-aktiviste is in Australië in hegtenis geneem nadat hulle chaos veroorsaak het in Sydney se middestad. Daar word berig lede van Blockade Australia, ‘n groep klimaatsaktiviste, het oor hoofroetes beweeg en tydens spitsverkeer chaos vir motoriste en voetgangers veroorsaak. Beeldmateriaal op televisie wys hoe mense vullisblikke, konstruksieversperrings en melkkratte in die pad gooi. Australië is een van die wêreld se grootste koolstofvrystellers en die wêreld se grootste uitvoerder van steenkool en vloeibare natuurlike gas.