Klimaat: Samewerking, nie kompetisie nie

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres was op besoek aan Antarktika. Hy sê dat terwyl die gebied vir die meeste van ons geografies afgeleë is, is sy toekoms is nou gekoppel aan dié van toekomstige geslagte. Hy sê hy is aangemoedig om te sien hoe mense wat in en vir Antarktika werk, gelei word deur samewerking, nie kompetisie nie. Dit is volgens hom die gees wat die week by COP28 nodig is.