Klimaat: Dis nou of nooit

COP27 is op die oomblik in Sharm El-Sheikh in Egipte aan die gang. Onder die loep is finansiële bystand aan ontwikkelende lande om klimaatsverandering se impak teen te werk. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê dit is nou of nooit.