Klimaat – 10 miljoen sal sterf

‘n Nuwe verslag deur die internasionale dinkskrum Chatham House waarsku tien miljoen mense sal waarskynlik sterf weens uiterste temperature, as wêreldleiers nie ooreenkom oor die aansienlike beperking van kweekhuisgasse teen 2030 nie. Landbou-uitsette kan teen 2050 met 30 persent afneem, terwyl die hoeveelheid kos wat groeiende bevolkings sal nodig hê, volgens voorspellings met 50 persent sal toeneem. Die verslag is vir regerings saamgestel in die aanloop tot die Cop26-klimaatsvergadering van die Verenigde Nasies in Glasgow in November.