Kletsrymer met kriminele rekord het in parade ingeploeg

Polisie in Wisconsin sê ‘n kletsrymer, die 39-jarige Darrell Brooks, is gearresteer nadat hy met sy voertuig in ‘n Kersparade ingeploeg het en vyf mense doodgery en 40 beseer het. Brooks word onder andere met vyf moordklagte aangekla. Brooks het ‘n uitgebreide kriminele rekord en volgens owerhede het hy die toneel van nog ‘n huishoudelike steurnis gevlug net voor hy deur die parade gery het. Die polisie sê hulle het ‘n klag ontvang van ‘n bakleiery en Brooks het ‘n mes gehad. Internasionale media berig dat daar verskeie jong kinders onder die beseerdes is, van hulle in kritiese toestand. President Joe Biden het met die media gepraat.