Kleinskaalse ondernemings kan Namibiërs tydens pandemie help

Namibiërs sien prysverhogings in byna alle huishoudelike produkte soos voedsel en brandstofpryse en die Covid-pandemie maak dit nie makliker nie met talle werksverliese en daarmee saam ‘n verlies aan inkomste. Namibiërs weet nie meer hoe om die beursies stywer toe te knyp nie. Die uitvoerende hoof van die Development Bank of Namibia, Martin Inkumbi, gee voorstelle en advies hoe Namibiërs kleinskaalse ondernemings kan begin om ‘n inkomste te verdien.

Inkumbi sê hy is bewus daarvan dat kapitaal nodig is om byvoorbeeld ‘n boorgat op te rig, maar Namibiërs moet inligting bekom oor byvoorbeeld akwakultuur of ‘n groenskema.