Kleinhandelaars, ontwikkelaars sal nie uit townships onttrek nie

Internasionale nuusagentskappe berig dat eiendomsontwikkelaars in Suid-Afrika steeds verbind is aan ontwikkelings in informele nedersettings en townships in die buurland. Volgens berigte word die woonbuurte ge-ag as van die vinnigste ontluikende markte in die buurland. Daar was groot kommer na die onluste onlangs. Meer as 161 inkopiesentrums, 11 pakhuise en agt vervaardigingsaanlegte is erg beskadig tydens die plundery en meeste van die skade is in Johannesburg en Durban aangerig. Van die kleindhandel-reuse en ontwikkelaars het aan nuusagentskappe bevestig dat hulle nie net die skade herstel nie, maar ook nog sentrums beplan.