Kleinhandel in buurland daal as gevolg van onluste

Die derde vlaag Covid-19-besmettings, die implementering van strenger inperkingsregulasies, saam met die onrus in KwaZulu-Natal en sommige dele van Gauteng het Julie se kleinhandelverkope negatief geraak. Kleinhandelverkope in die land het op ‘n jaargrondslag met 0,8 persent in Julie afgeneem. Op ‘n maand-tot-maand-grondslag het seisoensaangepaste verkope met 11,2 persent gedaal, vergeleke met Junie. Die ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê hoewel die breër ekonomiese uitwerking kan voortduur, het die onlangse onrus skynbaar ‘n kortstondige invloed op algehele kleinhandel-verkoopsvolumes gehad: