Kleinboere sukkel in Suid-Afrika

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika sê in ‘n verslag oor die monitering van noodsaaklike voedsel se pryse dat kleinboere besondere uitdagings die hoof moet bied. Volgens die verslag is die landbouwaardeketting in Suid-Afrika ‘n hoogs ontwikkelde bedryf en word deur super-kommersialisering van produksie deur grootskaalse boerdery gekenmerk. Die kommissie sê kleinboere word dus versmoor deur die genadelose magte van die waardekettings, asook lae produkpryse danksy verwerkers met koopkrag. Boere het ook nie genoegsame finansiering en tegniese hulpmiddels nie, en kan ook nie skaal-ekonomieë vestig nie.