Klein rol vir mosiehof, groot getalle

Die eerste mosiehof sessies van die jaar is deur regters George Coleman en Boas Usiku hanteer. Daar was 65 aansoeke, waaronder 10 reël 108, op die rol met banke wat 24 van die aansoeke gebring het. Een voertuig moet terugbesorg word terwyl daar nege onbetaalde lenings, ter waarde van 4,46 miljoen Namibiese dollar opgeëis word. ‘n Totaal van 14 eiendomme, met ‘n skuldlas van 24,8 miljoen dollar word ook teruggevra deur die banke. Daar is twee sessies vir onverdedigde egskeidings wat Maandag gehou word. Regter George Coleman sal 36 van die sake hanteer terwyl waarnemende regter Beatrix de Jager 43 in haar sessie sal hanteer.