Klein protes in hoofstad teen vroue wat langbroeke dra

‘n Groep van ongeveer 17 protesgangers het vanoggend, met polisie begeleiding, ‘n optog in die hoofstad gehou. Die groep meen vroue moenie langbroeke dra nie en het herhaaldelik ‘trousers down’ geskree tydens die klein optog. Terwyl nie al die plakkate sigbaar was nie, het een melding gemaak van langbroeke en toegang tot die hemel. Geen verdere inligting is oor die groep bekend nie.