Klassifikasie van reënseisoen afwaarts aangepas

Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die kategorie van vanjaar se reënval is afwaarts aangepas na normaal tot onder-normaal. Behalwe vir die sentrale dele van Otjozondjupa, en die suidoostelike dele van Hardap en Karas, het die res van die land onder gemiddelde reënval ontvang. Die damme het ook nie water ingeneem nie. Intussen daal die vlakke van die iishanas in die Noorde en so ook die vlakke van die riviere. Die Zambezi is tans op 4,56 meter en die Okavango op 4,78 meter. Die Oranje-rivier by Blouputs het ook ver teruggesak en is op 1,16 meter gemeet. In Suid-Afrika is die groter meerderheid van die damme op die Vaal en Oranje steeds bo 100 persent maar, sluise is toegetrek, behalwe vir vyf kleppe by die Vaaldam wat steeds oop is. Daar is plaaslik ook kommer oor kragvoorsiening. Die Kunene-rivier by Ruacana vloei teen ‘n skamele 75,1 kubieke meter per sekonde. Die rivier het vanjaar net bo 250 kubieke meter per sekonde gestyg, en nie hoër nie.