Klaasen baie tevrede met Kingsmead se kolfblad

Krieket: Heinrich Klaasen het 85 lopies van 35 balle gemoker om Durban’s Super Giants gisteraand op Kingsmead in Durban na ʼn oorwinning van elf lopies oor MI Cape Town te lei. Die telling is volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode bereken nadat die wedstryd weens reën gestaak is. Ryan Rickelton het 87 aangeteken om tot MI Cape Town se 207 vir vyf by te dra, terwyl die Super Giants 177 vir ses behaal het voordat die wedstryd in die 17de boulbeurt gestaak is. Klaasen is tevrede met die blad op Kingsmead.