Kindersorg- en jeugdienswerkers moet as noodsaaklike personeel geregistreer word

Die DA in Gauteng stel voor dat kindersorg- en jeugwerkers as noodsaaklike dienste geregistreer word. Dit is om te verseker dat wanneer hulle staak, waarop hulle geregtig is, ten minste 30 persent van die arbeidsmag gedwing sal word om by die werk te bly, om te verseker dat die kinders en jeugdiges behoorlik versorg word. Die DA se Bronwynn Engelbrecht sê die staking van die Nasionale Onderwys en Werkersunie het baie jeugdiges en kinders by die Gautengse Kinder- en Jeugsentrums onbewaak gelaat: