Kinders in Suid-Afrika mag sonder hulle ouers se toestemming ingeënt word

Kinders in Suid-Afrika tussen die ouderdom van 12 en 17 sal sonder hulle ouers se toestemming ingeënt mag word. Die Gesondheidsdepartement in die buurland gaan die inentingsveldtog volgende week na dié ouderdomsgroep uitbrei. Die waarnemende direkteur-generaal van die departement, Nicholas Crisp, sê die Grondwet laat kinders in die ouderdomsgroep toe om hulle eie gesondheids-besluite te neem ingevolge die Kinderwet.