Kinderpornografie-familie na 12 jaar gevonnis

Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep, Vroue en Mans teen Kindermishandeling, sê hulle sien uit na die afhandeling van ʼn Pretoriase kinderpornografiesaak wat reeds 12 jaar lank sloer. Die landdroshof in Pretoria-Noord in Hammanskraal sal die ses familielede môre en Dinsdag vonnis. Nege van die familielede is aanvanklik in 2010 in hegtenis geneem. Twee is vrygespreek terwyl ‘n derde een in 2015 tot nege jaar tronkstraf gevonnis is. Die oorblywende familielede is aangekla op 53 aanklagte van verkragting, seksuele voorbereiding van kinders, onsedelike aanranding, bloedskande asook die besit, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.