Kinderarbeid in fabrieke in Alabama ondersoek

Minstens vier groot verskaffers van Hyundai en sy sustermaatskappy, Kia, het die afgelope jare kinderarbeid by fabrieke in die Amerikaanse staat Alabama in diens geneem, het ‘n Reuters-ondersoek bevind. Staatsagentskappe ondersoek of kinders deurgaans by ander aanlegte in suidelike state gewerk het. By ‘n aanleg wat besit word deur Hwashin America Corporation in Greenville, het ‘n 14-jarige meisie van Guatamala gewerk, volgens onderhoude met haar pa en wetstoepassers. By aanlegte wat besit word deur die Koreaanse voertuigonderdele-vervaardiger Ajin Industrial Company in Cusseta, het ‘n voormalige produksie-ingenieur gesê hy het saam met minstens tien minderjariges gewerk. Albei maatskappye het in verklarings gesê dat hulle nie na die beste van hul wete minderjarige werkers aangestel het nie.