Kinderadvokaat bespreek uitdagings van Namibiese kinders

Dit gaan nie goed met kinders in Namibië nie. Daar word daagliks gevalle aangemeld van kinders wat verlore en alleen rondloop, kinders wat geslaan word, en meer. Armoede en kultuur is natuurlik ook ‘n groot uitdaging. Woensdag word die Dag van die Namibiese Kind herdenk in die land. Die kinderadvokaat, Ingrid Husselmann sê daar is baie uitdagings en daarom die tema, Eliminating Harmful Practices Affecting Children.