Kimberley-proses bereik dooiepunt oor Russiese diamante en konflik

Die onlangse Kimberley-proses se vergadering in Gaborone, Botswana, is weereens ontspoor deur die voortdurende omstredenheid oor Rusland se inval in die Oekraïne. Alrosa, Rusland se voorste diamantmyn, word een derde deur die Russiese regering besit. Soos algemeen verwag is, het die Kimberley-proses geen stappe teen Russiese diamante gedoen nie. Maar die Russiese kwessie was veral verdelend, wat ‘n dooiepunt veroorsaak het. ’n Verklaring van die Kimberley Process Civil Society-koalise waarsku oor die Kimberley-proses se besluit om nie die Russiese kwessie, asook ander geweld in diamantgebiede, te bespreek nie. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is ‘n konflik van belange.