PDM-hoofsweep sê oor NV-boikot

Namibiese opposisiepartye het ‘n gesamentlike brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi oorhandig waarin hulle aangedui het dat hulle nie na die parlement sal terugkeer voordat hul griewe aangespreek is nie. Hulle beskuldig Katjavivi daarvan dat hy bevooroordeeld teenoor opposisiepartye is. Opposisielede sê hulle boikot die parlementêre sittings totdat Katjavivi die uitlatings van adjunk-vervoerminister Veikko Nekundi as “onparlementêr en buite orde” bestempel. Elma Dienda, parlementslid van die Popular Democratic Movement, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hulle uit die parlement uitgeloop het.