Kim Kardashian betaal boete van meer as N$22 miljoen

Die Amerikaanse werklikheidstelevisie-ster Kim Kardashian het ingestem om ‘n boete van meer as 22 miljoen Namibiese dollar te betaal omdat sy ‘n kriptogeld-eenheid onwettig bevorder het op Instagram sonder om te onthul dat sy daarvoor betaal is. Sy het 331 miljoen volgelinge. Die Amerikaanse Kommissie vir Effekte- en Wisselhandel het Kardashian beskuldig sy het versuim om te onthul dat sy meer as vier-miljoen-rand betaal is om die plasings te maak. Ander bekendes wat in die verlede vasgetrek is vir ‘n soortgelyke oortreding sluit in die bokser Floyd Mayweather en die akteur Steven Seagal.