Killarney sal fokuspunt van motorsport in die Kaap word

Die Stad Kaapstad beveel aan dat ‘n nuwe huurkontrak goedgekeur word vir die Killarney-renbaan, wat deur die Westelike Provinsie Motorklub bedryf word. Die voorgestelde transaksie beoog om die toekoms van motorsport in Kaapstad te verseker en vier die erfenis van 75-jaar se suksesvolle motorwedrenne op die perseel. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê dit is ook ‘n eerbetoon aan vroulike motor- en motorfiets-renjaers en die vroue wat agter die skerms werk: