Khomasdal dryf Whk-bouplanne

High Economic Intelligence in die hoofstad het die ‘n ontleding gedoen van die bouplanne wat in die hoofstad goedgekeur is in September. ‘n Totaal van 247 planne ter waarde van net meer as 162 miljoen dollar is vir die maand deurgestoot wat ‘n afname is teenoor Augustus. Maar, volgens High Economic Intelligence is die afname aangedryf deur aanbouings en muur-bouplanne. Die makelaarsfirma sê verder dat die meeste planne, ter waarde van amper 32 miljoen dollar, afkomstig is van Khomasdal. ‘n Totaal van 40 planne is vir die woonbuurt goedgekeur. Die maatskappy sê verder dat op ‘n jaargrondslag het bouplanne met 26,12 persent gegroei.