Khomas het nie die meeste besighede in die land nie…

Die Omusati-streek het die grootste hoeveelheid sakeondernemings in Namibië met 18 persent, gevolg deur die Ohangwena- en Khomas-streke met onderskeidelik 15,6 en 15 persent. Die Omaheke-streek het die minste aantal besighede aangeteken, wat 2 persent van die totale aantal ondernemings in die land uitmaak. Die syfers vorm deel van die Namibië Statistieke Agentskap se eerste sensus oor sakeondernemings in Namibië. Luidens die verslag is meer as die helfte, 56,9 persent, van hierdie ondernemings in landelike gebiede geleë. Die sensus is van Oktober 2019 tot April 2021 uitgevoer.