|Khomanin wil by volksmoord-onderhandelings ingesluit word

The |Khomanin tradisionele owerheid vra dat hy ingesluit word in die gesprek rondom die Namibiese volksmoord. Daar word beweer dat lede van hulle gemeenskap ook deur koloniale magte vanaf Duitsland vermoor is. Die owerheid het ook onlangs met President Hage Geingob vergader en vra ook dat hulle iets terugkry van hulle voorvaderlike grond, die Khomas-streek. Die plaaslike politieke ontleder en lid van die komitee wat voorvaderlike grond ondersoek het, dr. Phanuel Kaapama, sê die onus is op gemeenskappe om hulle saak te stel in verband met die volksmoord.