Khoi en San nader Gelykheidshof oor diskriminasie

Die Wes-Kaapse Khoi- en San-leiers het die Gelykheidshof genader oor voortdurende diskriminasie en ongelykheid. Die inheemse groep wil die regering aanspreeklik hou vir die uitsluiting van sy mense. Die Eerste Inheemse Volk van Suider-Afrika het ‘n formele saak gemaak teen President Cyril Ramaphosa, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, die adjunkminister, Obed Bapela, en die CRL Rights-kommissie. Die groep se leier, Gregg Fick, sê daar is op hulle regte inbreuk gemaak toe hulle as bruinmense geklassifiseer is.