WGO vra dringende ondersteuning vir migrante, vlugtelinge

Die Wêreldgesondheidsorganisasie vra dringende optrede om kwesbare bevolkings te steun wat grense oorsteek. Volgens die WGO ontsê gasheerlande miljoene migrante en vlugtelinge se mensereg tot behoorlike gesondheidsorg. Die organisasie se hoofsekretaris, Tedros Ghebreyesus, sê siekte, hongersnood, klimaatsverandering en oorlog vuur die massa-beweging van mense aan. Ghebreyesus voeg by oorvol vlugtelingkampe veroorsaak dat oordraagbare siektes makliker oorgedra word.