Khama wil met Masisi vergader

Die voormalige president van Botswana, Ian Khama sê hy is gereed om deur middel van sy broer, Tshekedi Khama, met verteenwoordigers van President Mogweetsi Masisi te vergader. Volgens Khama is hy ingelig Masisi is bereid om hom te ontmoet. Khama staar 14 aanklagte in die gesig, insluitende die onwettige besit van vuurwapens en geldwassery. Hy wou hê die aanklagte moet deur die Hooggeregshof in Gabarone teruggetrek word maar die hof het dit bekragtig. Khama is sedert November 2021 in selfopgelegde ballingskap in Suid-Afrika.