Kewer in Serwië na Djokovic vernoem

Serwiese wetenskaplikes het ‘n nuwe spesie kewer na Novak Djokovic vernoem vanweë sy spoed, krag, buigsaamheid, duursaamheid en vermoë om in ‘n moeilike omgewing te oorleef. Die insek, wat aan die Europese Duvalius-genus van grondkewers behoort, is etlike jare gelede in ‘n ondergrondse put in die weste van Serwië ontdek. Dit word Duvalius djokovici genoem.