Kevin Spacey as predator uitgemaak in die hof

‘n Man wat beweer dat Kevin Spacey hom seksueel aangerand het, sê die Hollywood-akteur is ‘n aggressiewe predator wat ongemaklik is met sy seksualiteit. Die vermeende slagoffer getuig in ‘n Londense hof en beweer Spacey het hom meer as twee dekades gelede seksueel begin aanrand. Hy sê ten spyte van die feit dat hy dit duidelik gemaak het dat hy dit nie wou hê nie, het Spacey volgehou daarmee. Die 63-jarige Oscar-bekroonde akteur het onskuldig gepleit op 12 seksuele misdrywe, insluitend onsedelike aanranding, teen vier mans tussen 2001 en 2013. Daar word beweer dat jong, aantreklike mans gewaarsku is om op hul hoede te wees om die akteur. Die verhoor duur voort.