Kersvader ingespan om Russiese soldate se moreel ‘n hupstoot te gee

Rusland se Kersvader is opgeroep as die nuutste propaganda-wapen om die moreel van Vladimir Putin se magte ‘n hupstoot te gee. Video’s op sosiale media toon die sogenaamde Oupa Ryp wat aankom in ‘n pantser-voertuig met polsende Russiese popmusiek, vir die onthulling van die Kersboom in die Belgorod-streek, sowat 50 kilometer noord van die grens met Oekraïne. Volgens die Sowjet-tradisie besoek hy kinders met geskenke om middernag op Oujaarsaand. Hierdie jaar sal hy egter waarskynlik troos moet bring vir die families van soldate wat op die voorste linies van Putin se inval gesneuwel het.