Kenner: SA weermag kan nie Eskom-kragsentrales beskerm

Die Suid-Afrikaanse verdedigings-ontleder Helmoed-Römer Heitman glo die weermag het nie die vermoë om Eskom se kragsentrales te beskerm nie. Hy het sy stem gevoeg by die mening dat die ontplooiing van soldate waardeloos is en Eskom weer op die agtervoet sal plaas. Heitman sê soldate is nie opgelei om te doen wat Eskom se sekerheidspersoneel veronderstel is om te doen nie. Hy voeg by sonder die bykomende spierkrag van sekerheidspersoneel, kan die soldate net fisiese sekerheid verskaf. Volgens Heitman beteken tien soldate nie veel vir die kragvoorsiener nie.