Kernkrag-agenda in die kollig

Sekere lede van Eskom en die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie gebruik ‘n ministeriële ooreenkoms oor prestasie as regverdiging om voort te gaan met ‘n kernkrag-agenda. Dit is die mening van ‘n lid van die teenkernkrag organisasie Koeberg Alert Alliance, Peter Becker. Hy sê daar is ‘n verskil tussen ‘n ministeriële ooreenkoms oor prestasie en die land se nasionale elektrisiteitsplan. Becker sê verder President Cyril Ramaphosa moet hieroor duidelikheid gee. Peter Becker vertel meer.