Kerke reageer op Zim se inentingsreëls

Die sekretaris-generaal van die Raad van Kerke in Namibië het gereageer op berigte dat in Zimbabwe jy nie mag kerk toe gaan as jy nie ingeënt is nie. Dit vorm deel van ‘n rits maatreëls in inentings verpligtend maak vir onderwysers, handelaars in openbare markte, gimnasiumlede en studente wat eksamen moet skryf. Ludwig Beukes sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel inentings in Namibië vrywillig is, moet Namibiërs hul en ander se gesondheid in ag neem.