Kenners maan SA moenie vinnig ramptoestand ophef

Kenners sê Suid-Afrika moenie haastig wees om die ramptoestand op te hef nie aangesien dit ‘n wetlike lugleegte kan laat vir voortgesette beperkings en Covid-reëls. Suid-Afrikaanse media berig die adjunk-visekansellier van Navorsing en Nuutskepping aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Mosa Moshbela, sê voorskrifte moet eers ontwikkel en toegepas word wat regeringsdepartemente kan help om reëls oor Covid-19 te bestuur. Moshbela meen die ophef van die ramptoestand sal ook ‘n uitwerking hê op die 350 rand noodtoelaag waarop miljoene mense staatmaak.