Kenner verduidelik hoekom daar wrakstukke van Titan gevind word

Terwyl dit onbekend is presies wat gebeur het tydens die Titan duik na die wrak van die Titanic, was daar beaam dat die inploffing die tuig en die vyf insittendes in minder as ‘n sekonde veras het. Maar, groot wrakstukke van die tuig is in Newfoundland, Kanada, aan wal gebring met moontlike menslike oorskot wat ook gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het met die fisikus by Unam, dr. Riaan Steenkamp gepraat oor wat moontlik kon gebeur het.