Kenner sien net voordele in Iran se raffinadery-plan
Dit gons behoorlik oor Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer ‘n olieraffinadery by Walvisbaai asook ‘n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig. Sommige kenners het kommer oor reaksie uit die Weste, terwyl ander die verwikkeling aanprys. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van professor Jannie Rossouw van Wits se sakeskool, wat sê dit is goeie nuus vir die hele streek.