Kenner sê oor universele gesondheidsorgplan

Reaksie word ontvang op berigte dat die gesondheidsministerie teen volgende jaar die universele gesondheidsorgplan sal begin instel. Die plan sal aan almal in die land bekostigbare gesondheidsdienste verskaf. Maar, die ministerie sê ook dat die finansiële implikasies van die gesondheidstelsel nog bepaal moet word en in die heersende ekonomiese omstandighede, meen talle dit is nie bereikbaar nie. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê ook hy hoop nie dit is ‘n verkiesingsfoefie nie omdat gesondheidsorg nooit so gebruik mag word nie.