Kenner sê oor Saoedi se belangstelling in Nam-minerale

’n Staatsondersteunde Saoedi-onderneming kyk na die aankoop van belange in mynboubates ter waarde van 15 miljard Amerikaanse dollar in Namibië, en ook ander Afrikalande soos die Demokratiese Republiek van die Kongo en Guinee. Die ontwikkeling sal Amerikaanse maatskappye die reg gee om van die produksie te koop. Dit kom terwyl die Verenigde State en Saoedi-Arabië in gesprek is om metale in Afrika in die hande te kry wat nodig is om hulle te help met hul energie-oorgange, het die publikasie berig, met verwysing na mense met kennis van die samesprekings. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en deel sy mening oor of Namibiërs opgewonde kan raak oor hierdie ontwikkeling.

Hy sê dit is altyd moeilik omdat die mense met finansiële magte die kontraktuele ooreenkomste dikteer.