Kenner glo sprinkane se eiers is vernietig

Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n Suid-Afrikaanse kenner op die gebied van sprinkaanplae, glo dat die meeste van die sprinkane se eiers in die winter en reënseisoen vernietig is. ‘n Uitbreking van sprinkaanplae is verlede jaar in die suide van Namibië aangemeld. Hierdie sprinkaan-swerms het duisende hektaar weiveld in die Karas- en Hardap-streke vernietig. Die sprinkane het tot Januarie vanjaar meer as 719 000 hektaar weiveld en 1 207 hektaar saailande in 10 van die land se 14 streke vernietig. Dr. Verdoorn gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Boere moet probeer om van die sprinkane ontslae te raak en dit by die landbouministerie rapporteer sodra hulle enige sprinkane gewaar.