Keniaanse atleet stel nuwe wêreldrekord in 5 000 meter op

Atletiek: Die tweemalige Olimpiese kampioen in die 1 500 meter vir vroue, Faith Kipyegon, het ‘n nuwe wêreldrekord in die 5 000 meter opgestel. Die Keniaanse Kipyegon het gisteraand op die Diamantliga-byeenkoms in Parys, Frankryk, die vyf kilometer in 14 minute 5,2 sekondes gehardloop. Sy het nog net twee maal tevore, in 2015, aan die item deelgeneem. Dit volg nadat sy ‘n week gelede ook ‘n nuwe wêreldrekord in die 1 500 meter opgestel het toe sy die afstand in drie minute 49,11 sekondes afgeblits het.